MERWEVILLE DISTRIK
KAROO
Die Plaas Vaalleegte is geleë op die pad
tussen Prins Albertwegstasie en Merweville.
Sien die kaart
WAT OM TE VERWAG:
‘n Lieflike plaas in die
Karoo met puik akkommodasie, elf bokspesies wat besigtig
kan word en waar jy aktiwiteite soos jag, wildritte en
staptogte in die pragtige Karooveld kan geniet.

AKKOMMODASIE
‘n Jagtershuis wat bestaan
uit 3 slaapkamers met beddegoed wat 7 persone kan
akkommodeer, ‘n groot leefvertrek met sitkamergedeelte, DSTV,
binnebraai met roosters, eetkamertafel, kroeg en volledig
toegeruste kombuis, sowel as twee badkamers met storte. Ook
`n buitebraai beskikbaar en 1 sak hout per dag.
Verder
is daar 3 woonstel eenhede met beddegoed vir 2 persone met
‘n en-suite badkamer en ‘n volledig toegeruste kombuis. Daar kan addisionele beddens voorsien word vir kinders.
Daar
is ‘n onspanningslokaal met ‘n Pooltafel & DSTV.

VIR
DIE JAGTER
WILD & VERWERKING PRYSE 2012
|
Gemsbok
Blouwildebees
Rooihartebees
Blesbok
(BINNEGOED UIT – HARSLAG IN )
Springbok
(BINNEGOED UIT – HARSLAG IN )
|
R 3600.00
R 3500.00
R 3300.00
R 22.00/kg
R 24.00/kg
|
VERWERKING SLEGS
AFSLAG VOLLE VERWERKING
(ingesluit derms, vet, speserye & droog)
Gemsbok
Blouwildebees
Rooihartebees
Blesbok
Springbok
|
R 60.00
R 60.00
R 60.00
R 40.00
R 25.00 |
R 11/kg
R 11 /kg
R 11/kg
R 11/kg
R 250.00 |
Koste vir
gebruik van fasiliteite vir self bewerking (ingesluit
vleissaag,vleismeul & koelkamer) R 1.50/kg
AKKOMMODASIE
(Per persoon per dag vir minimum van 3 NAGTE)
OPSIE 1: KOÖPERATIEWE OF JAGSPAN PAKKET
@ R 420
PER NAG PER PERSOON
Bed & beddegoed
Koffie,
Tee, suiker & melk
Stewige
ontbyt
Kospakkie
vir veld
Aandete
– braaipak, slaai & braaibrood / aartappel
Beddens
opmaak & skottelgoed was.
OPSIE 2: SELFHELP JAGSPAN (na eie keuse ,moet
vooraf bespreek)
|
Bed & beddegoed ,
koffie, tee, suiker, melk & beskuit.
R 200.00 p/p per nag
Stewige ontbyt
R 50.00 p/p per ete
Kospakkie vir veld
R 40.00 p/p per ete
Aandete – braaipak, slaai,
braaibrood / aartappel
R 80.00 p/p per ete
Skottelgoed was & skoonmaak
van leefarea.
R 50/dag
|
DAGFOOI
VIR JAGTERS
Voorsit
jag van hoofsaaklik springbok & blesbok, minimum 6 jagters.
R 130.00 per jagter per dag
Jag vanaf voertuig maksimum 3
jagters per voertuig.
R 500.00 per voertuig per dag
Jag vanaf voertuig nie meer
as 4 jagters & nie-jagters.
Bring asseblief saam:
Genoeg
drinkgoed en ys.
Koelhouers
om vleis in te vervoer.
Plastiese
sakke vir die verpakking van vleis.
NB.
Elke
jagter moet in besit wees van `n geldige jaglisensie in die
Weskaap
ORGANISEERDERS MOET ASB. TOESIEN DAT ELKE
LID VAN JAGSPAN ‘N AFSKRIF KRY VAN HIERDIE UITEENSETTING/PRYSLYS.
`n
Skietbaan is beskikbaar waar daar van u verwag word om
gewere in te stel voor die jagtog.
Kwesbokke
bly `n teer saak, dus meld onmiddellik aan om die dier op
te spoor. Indien nie, is dit die span se verantwoordelikheid
om die bok te betaal, bereken teen die gemiddelde gewig.
Naweekjagte:
Arriveer Donderdagmiddag en vertrek Sondagoggend.
‘n
Deposito van R1000.00 betaalbaar om u bespreking te
bevestig. Die deposito sal alleenlik terugbetaalbaar
wees indien die bespreking 30 dae voor die bespreekte
aankoms datum gekansalleer word.
PA EN SEUN JAGTE WORD
AANGEBIED ( Vra vir beskikbaarheid van datums Junie/Julie
vakansie )
AKKOMMODASIE
VIR WEGBREEK NAWEKE

Jaghuis-
Selfhelp vir tot sewe persone.
R 1300.00 per dag vir huis
Woonstel Eenhede – Selfhelp
- Volwassenes
R 200.00 per persoon per nag
- Kinders onder 12
R 100.00 per kind per nag
B&B – Volwassenes
R 250.00 per persoon per nag
B&B – Kinders onder 12
R 150.00 per kind per nag
Wildbesigtigingsritte
op aanvraag

Kontak ons:
celeroux@vodamail.co.za
of skakel vir meer inligting. |