VAALLEEGTE SAFARI'S  KAROO HOLIDAY & HUNTING FARM - WEEKEND BREAKAWAY - FAMILY LEISURE & FUN

 TEL: (+27) 02082 VRA VIR 1711 SEL: 083 448 1412 / 082 820 4939 FAX: 028 3164650 CELEROUX@VODAMAIL.CO.ZA

WELKOM AKKOMMODASIE AKTIWITEITE KONTAK ONS SKAKELS

MERWEVILLE DISTRIK KAROO
 

Die Plaas Vaalleegte is geleë op die pad tussen Prins Albertwegstasie en Merweville.  Sien die kaart

WAT OM TE VERWAG:

‘n Lieflike plaas in die Karoo met puik akkommodasie, elf  bokspesies wat besigtig kan word en waar jy aktiwiteite soos jag, wildritte en staptogte in die pragtige Karooveld kan geniet.

AKKOMMODASIE

‘n Jagtershuis wat bestaan uit 3 slaapkamers met beddegoed  wat 7  persone kan akkommodeer, ‘n groot leefvertrek met sitkamergedeelte, DSTV,  binnebraai met roosters, eetkamertafel, kroeg en volledig toegeruste kombuis, sowel as twee badkamers met storte. Ook `n buitebraai  beskikbaar en 1 sak hout per dag.

Verder is daar 3 woonstel eenhede met beddegoed vir 2 persone met ‘n en-suite badkamer en ‘n volledig  toegeruste kombuis. Daar kan addisionele beddens voorsien word vir kinders.

Daar is ‘n onspanningslokaal met ‘n Pooltafel & DSTV.

VIR DIE JAGTER

WILD & VERWERKING PRYSE 2012

WILDPRYSE

Gemsbok                              

Blouwildebees                       

Rooihartebees                       

Blesbok                                
(BINNEGOED UIT – HARSLAG IN )

Springbok                             
(BINNEGOED UIT – HARSLAG IN )

R 3600.00

R 3500.00

R 3300.00

R 22.00/kg
 

R 24.00/kg

 

VERWERKING SLEGS AFSLAG VOLLE VERWERKING (ingesluit derms, vet, speserye & droog)

Gemsbok    

Blouwildebees   

Rooihartebees

Blesbok

Springbok                          
R 60.00

R 60.00 

R 60.00

R 40.00

R 25.00

R 11/kg

R 11 /kg  

R 11/kg

R 11/kg

R 250.00


Koste vir gebruik van fasiliteite vir self bewerking (ingesluit vleissaag,vleismeul & koelkamer) R 1.50/kg

AKKOMMODASIE (Per persoon per dag vir  minimum van 3 NAGTE)

OPSIE 1: KOÖPERATIEWE OF JAGSPAN  PAKKET
@ R 420 PER NAG PER PERSOON

Bed & beddegoed

Koffie, Tee, suiker & melk

Stewige ontbyt

Kospakkie vir veld

Aandete – braaipak, slaai & braaibrood / aartappel

Beddens opmaak  &  skottelgoed was.

OPSIE 2: SELFHELP JAGSPAN (na eie keuse ,moet vooraf  bespreek)

Bed & beddegoed  , koffie, tee, suiker, melk  & beskuit.
R 200.00 p/p per nag

Stewige ontbyt
R 50.00 p/p per ete

Kospakkie vir  veld 
R 40.00 p/p per ete

Aandete – braaipak, slaai, braaibrood / aartappel
R 80.00 p/p per ete

Skottelgoed was & skoonmaak  van leefarea. 
R 50/dag                

DAGFOOI VIR JAGTERS

Voorsit jag van hoofsaaklik springbok & blesbok, minimum 6 jagters.
R 130.00  per jagter per dag

Jag vanaf voertuig maksimum 3 jagters per voertuig.
R 500.00 per voertuig per dag

Jag vanaf voertuig nie meer as 4 jagters & nie-jagters. 

Bring asseblief saam:

Genoeg drinkgoed en ys.

Koelhouers om vleis in te vervoer.

Plastiese sakke vir die verpakking van vleis.

NB.

Elke jagter moet in besit wees van `n geldige jaglisensie in die Weskaap

ORGANISEERDERS MOET ASB. TOESIEN  DAT ELKE  LID VAN JAGSPAN ‘N AFSKRIF KRY VAN HIERDIE UITEENSETTING/PRYSLYS.

`n Skietbaan is beskikbaar waar daar van u verwag word om gewere in te stel voor die jagtog.

Kwesbokke bly `n teer saak, dus meld onmiddellik aan  om die  dier op te spoor. Indien nie, is dit die span se verantwoordelikheid om die bok te betaal, bereken teen die gemiddelde gewig.

Naweekjagte:  Arriveer Donderdagmiddag en vertrek Sondagoggend.

‘n Deposito van R1000.00 betaalbaar om u bespreking te bevestig. Die deposito sal alleenlik terugbetaalbaar wees indien die bespreking 30 dae voor die bespreekte aankoms datum gekansalleer word.

PA EN SEUN JAGTE WORD AANGEBIED ( Vra vir beskikbaarheid van datums Junie/Julie vakansie )
 
AKKOMMODASIE VIR WEGBREEK NAWEKE


Jaghuis- Selfhelp vir  tot sewe persone.
R 1300.00 per dag vir huis

Woonstel Eenhede – Selfhelp
- Volwassenes
R 200.00 per persoon per nag

- Kinders onder 12
R 100.00 per kind per nag

B&B – Volwassenes
R 250.00 per persoon per nag

B&B – Kinders onder 12
R 150.00 per kind per nag
 

Wildbesigtigingsritte op aanvraag  

Kontak ons: celeroux@vodamail.co.za of skakel vir meer inligting.

 

 

WEBSITE DEVELOPMENT & MAINTENANCE: WWW.WEBWITS.CO.ZA